Skip to content

Soldaat (Paperback)

by Reynardt Hugo
ISBN: 9780796322067
Product in Stock: Yes
Save 30% Save 30%
Original price R 230.00
Original price R 230.00 - Original price R 230.00
Original price R 230.00
Current price R 161.00
R 161.00 - R 161.00
Current price R 161.00
Add to Wishlist
Reynardt Hugo speel Dr Tertius Jonker in Binnelanders en was van 2011 tot 2019 lid van die Afrikaanse popgroep ADAM. Tog, agter al sy sukses, sangtoere, toekennings en die vele lofbetuigings is daar ’n diep gewonde en verlore siel. Nes duisende ander mans, het Reynardt jare lank gestoei om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie te verdoesel. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en die invloed van drankmisbruik in hulle huis, en hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

x