Skip to content

Skepselkos (Paperback)

by Isabella Niehaus, Louis Jansen van Vuuren
ISBN: 9781991256836
Product in Stock: No
Save 10% Save 10%
Original price R 450.00
Original price R 450.00 - Original price R 450.00
Original price R 450.00
Current price R 405.00
R 405.00 - R 405.00
Current price R 405.00
Add to Wishlist

PRE-ORDER NOW! To be released on 31 October 2024. Please note your complete order will only ship once the Pre-Order item becomes available.

Isabella Niehaus en Louis Jansen van Vuuren span weer saam om ‘n uitsonderlike publikasie van vegan geregte saam te stel.

Nadat hulle die Gourmand World Cookbook Awards in 2023 gewen het met Daar’s ‘n Vegan op my Verandah as die beste vegan kookboek in die wêreld kom hulle nou met splinternuwe plantgebaseerde kosboek, Skepselkos wat ook in Engels beskikbaar is as Earthling Food.

Met hierdie unieke boek is dit nie net die twee glanssjefs wat hul kragte saamspan nie, maar hulle word ook bygestaan deur tien vriende wat almal bekende sjefs en kundiges op kosgebied is. Hierdie gesprekke tussen die skrywers en hul vriende skep ‘n besondere agter-die-skerms situasie wat kyk na die inspirasie en kreatiwiteit agter Suid-Afrika se plantgebaseerde koservaring.

Lesers sal geïnspireer word deur die stories en resepte wat ‘n waardering skep vir plantgebaseerde kos. Die resepte is toeganklik met alledaagse bestanddele wat maklik beskikbaar is. Met Skepselkos/Earthling Food nooi Isabella en Louis jou uit om op ‘n uitsonderlike kulinêre avontuur te gaan. Hierdie boek bied iets vir almal, of jy nou ‘n ervare sjef of ‘n nuweling in die kombuis is. Dit is meer as net ‘n kookboek – dit neem jou op ‘n reis van geur, kultuur en kreatiwiteit wat ‘n blywende indruk sal laat en jou ook sal inspireer om met plantgebaseerde disse te eksperimenteer.

x