Katvis (Paperback)
Original price
R 300.00
-
Original price
R 300.00
Original price
R 300.00
R 300.00
R 300.00
-
R 300.00
Current price
R 300.00
Na 'n huwelik van twaalf jaar waartydens sy aan Gerhardus se magsbeheptheid en seksuele sadisme onderwerp is, het Maria genoeg gehad. Op 10 April 2022 verlaat sy die Baai met net haar handsak, 'n koffer en haar viool in die kar. Sy wil die deur finaal toetrek op 'n lewe van aftakeling, perversie en die dreigemente waarmee Gerhardus haar sedert hul egskeiding aanhou teister.
Nie eens haar ma, Selina, weet waarheen Maria op pad is om 'n nuwe begin te maak nie. Die enigste mens wat van haar planne bewus is, is Lukas Delport, eienaar van Matoli Meadow, 'n gastehuis op 'n plaas in die Maclear-distrik waar Maria haar voete as bestuurder gaan vind.
Maar minute nadat sy op die plaas aankom, tref die godsverskrikkende wete haar dat al die jare saam met Gerhardus net 'n leerskool was om haar voor te berei op hierdie dag van ontgogeling. Hier, in 'n donker kelder, gekatvis deur 'n gewetenlose bedrieer, is elke oorlewingsminuut suiwer grasie.
Na twaalf jaar is die skrywer van Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind en Thula-thula terug met 'n nuwe roman. Katvis gaan lesers opnuut onder die indruk bring dat Annelie Botes 'n storieverteller sonder gelyke is.