Skip to content

Katryn

by Winnie Rust
ISBN: 9781920188528
Product in Stock: Yes
Original price R 230.00 - Original price R 230.00
Original price R 230.00
R 230.00
R 230.00 - R 230.00
Current price R 230.00
Add to Wishlist
Katryn is Winnie Rust se laaste boek. Dis die 1860's. Op Wellington is die koms van die stoomlokomotief en die bediening van die nuwe predikant, Andrew Murray, ewe groot nuus. Die pad na die goudvelde van die noorde is oop, die Masonic-hotel op die dorp floreer en die geestelike herlewing het 'n nuwe vroomheid na die Boland gebring. Sedepreke teen alles wat modern of plesierig is, grief vir Blink Ben Marais, erfgenaam van die wynplaas Wolwehoek. Hy is geleerd en ervare en onrustig oor die uitwerking wat die nuwe opvattings op die boerdery kan he. Boonop kan hy die hoteleienaar se dogter nie uit sy gestel kry nie. Katryn is geheimsinnig, uitdagend en pragtig. Die mense praat en Blink Ben weet hy moet kies. Wellington is telkens sentraal in Winnie Rust se werk. Uit haar pen het verskeie dagstukkies verskyn, asook rubrieke, kortverhale en romans. Martha: 'n verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford (Hemel & See Boeke) het die kortlys vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir 2005 gehaal. Op 11 Mei 2016 is Winnie Rust in haar huis op Wellington vermoor. Die manuskrip van Katryn is kort voor haar dood voltooi.

x

x