Hartstories van Ons Land se Boere (Paperback)
Terwyl die gronddebat voortwoed, stel dié boek ons voor aan die landbouers wat die kos verbou waarvan Suid-Afrika leef. Ivor Price en Kobus Louwrens gee ons 'n intieme blik in die daaglikse plaaslewe en uiteenlopende boere se belewenisse van boer. Of dit nou reuse agribesighede is, of klein maar geliefde plasies wat met passie bewerk word, elke boerdery is uniek en elke boer het 'n storie. Dié boek is 'n inspirerende ode aan ons landbouers, jonk, oud, swart, wit, mans en vroue.
In 'n wêreld waar ons selde mekaar se daaglikse omstandighede verstaan, bring dié boek ons boere se stryd, hartseer én hoop tot binne in ons huise, met medemenslikheid en deernis. – Martelize Brink
Dié broodnodige blik op ons landbouers se toewyding aan die aarde, en aan Suid-Afrika, salueer al die ongeprese landbouhelde van ons land. – Nick Serfontein