Skip to content

Die formidabele Ling Ho (Paperback)

by Johan Kruger
ISBN: 9781415201756
Product in Stock: Yes
Save 26% Save 26%
Original price R 200.00
Original price R 200.00 - Original price R 200.00
Original price R 200.00
Current price R 149.00
R 149.00 - R 149.00
Current price R 149.00
Add to Wishlist

Wanneer kansvatter van formaat Willem Landman sy swart snor opplak en sy satynskoene met die klokkies op die punte aanhet, is hy Ling Ho: opperste towenaar en showman. Van skoolsaal na kerksaal na landbousaal reis Willem, sy assistent en sy kat in hul bakkie, gevolg deur ’n karavaan, gevolg deur ’n Ventertjie, oor die grasvelde van Mpumalanga. Dit is hier waar die klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring die gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense. Tussen Evie en Willem is daar ’n vonkie, maar daar is ook onweer in die lug. Die storm in aankoms gaan Willem en die meisie in die kis se bloutjie een aand met die saagtriek na kinderspeletjies laat lyk. Johan Kruger steek die draak met allerlei swaarwigtige Suid-Afrikaase werklikhede. Sy satire Die formidabele Ling Ho is soos ’n welkome bui reen oor ’n dor stuk platteland.

x