Skip to content

Christina Landman: 'n Lewe (Paperback)

by Christina Landman
ISBN: 9780796323149
Product in Stock: Yes
Original price R 295.00 - Original price R 295.00
Original price R 295.00
R 295.00
R 295.00 - R 295.00
Current price R 295.00
Add to Wishlist
Christina Landman was nog altyd ’n voorloper: ’n Predikant-inwording voor daar sprake was van vroue op die kansel. Van die eerste vroue-teoloë in Suid-Afrika en ’n professor in teologie op die ouderom van 34. Christina was voor haar tyd en moes toé reeds vrede daarmee maak dat sy gereeld in die openbare oog sou wees. Sy is ook as ’n onstuitbare grootmond beskryf wat “selfs ’n klip kan kwaadmaak”.

Agter die oënskynlike harde dop skuil daar egter ’n vrou wat ’n hart het vir ander vroue, vir diegene wat alleen en raadop is, vir die randeiers van die samelewing . . . ’n Vrou wat steeds wonder of sy die regte besluite tydens haar loopbaan in die akademie en die kerk gemaak het.

Maar Christina skram nie weg van moeilike onderwerpe nie, sy takel hulle sonder om te skroom.

Hierdie is die verhaal van ’n moeder en ’n voorloper wat die weg gebaan het vir alle vroue in die bediening en akademie, maar soveel meer, ’n verhaal van ’n vrou wat bly staan het – ’n seder.

x