Skip to content

Gids tot die aalwyne van Suid-Afrika

by Ben-Erik van Wyk
ISBN: 9781920217396
Product in Stock: Yes
Original price R 470.00 - Original price R 470.00
Original price R 470.00
R 470.00
R 470.00 - R 470.00
Current price R 470.00
Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoe gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieel die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat: Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geidentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike. Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare. Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering. 'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms. Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte. 'n Geillustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.
Add to Wishlist

x

x