Skip to content

Spanje: reis in 'n Palimpses

by Andre' Pretorius
ISBN: 9781067234539
Product in Stock: Yes
Original price R 350.00 - Original price R 350.00
Original price
R 350.00
R 350.00 - R 350.00
Current price R 350.00

In 1992 loop ‘n 17-jarige André Pretorius op sy eentjie in Barcelona rond.
Onder die Olimpiese Vlam ontbrand ‘n hartstog wat hom vir die volgende drie dekades keer op keer terugneem na Spanje. In hierdie boek – ‘n onbedoelde tweeluik met sy hoog-aangeskrewe Italiaanse intermezzi – beskryf hy daardie Spaanse reise. Op die perkament van ‘n ou Spanje met sy eggo’s van drie operas – van kerk en staat, van sensualiteit, van spoke van die verlede – vind hy die filmmaker Pedro Almodóvar se skets van die nuwe Spanje van ons leeftyd.
Pretorius bevind hom aan die uithoeke van hierdie besonge skiereiland, loop die stories na van Lorca en Goya, gaan kyk sokker se El Clásico, swymel voor die doodsveragting van die matadors in Sevilla, sien hoe die tuna “geoffer” word by Barbate, sit aan in Spanje se teaters van kos by El Bulli, en vind selfs daardie meisie wat in 1992 hot dogs aan hom verkoop het. In die eerste vollengte reisbeskrywing van Spanje in Afrikaans sedert Olé! van André P.Brink in die 1960s, bring Pretorius ‘n aangrypende land na die leser.

Add to Wishlist

x

x