Skip to content

Swyg (Paperback)

by Erla Diedericks
ISBN: 9781776359646
Product in Stock: No
Save 10% Save 10%
Original price R 300.00
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
Current price R 270.00
R 270.00 - R 270.00
Current price R 270.00
Add to Wishlist

PRE-ORDER NOW! To be released on 30 October 2024. Please note your complete order will only ship once the Pre-Order item becomes available.

Die sweer van stilswye bars altyd oop...

In 2009 word Stellenbosch geruk deur 'n sensasionele moord. Vanessa Wessels, dogter van 'n welgestelde familie, vermoor haar studentemaat, maar weier om oor die voorval te praat. 'n Paar jaar later jaag die bekende digter Didi Donkermann by Voelklip oor die afgrond in 'n vermeende selfdood. Die raaisels begin net stof opgaar, toe die Molenberg psigiatriese hospitaal vir dr. Ann Marais laat weet dat Vanessa Wessels haar wil sien. Na jare se stilte wil sy uiteindelik praat oor wat die aand van die moord gebeur het. Dan kom Didi se seun, die skrywer Louis Donkermann, ook uit die houtwerk met aantygings dat 'n jong skrywer sy nuutste boek geplagieer het. Maar hoe is hierdie twee ou sake verbind? Waar oorvleuel moord, obsessie en letterkunde? En hoe vind jy die waarheid uit na soveel jare se stilswye? Swyg, Erla Diedericks se vierde spanningsroman, snuffel heerlik tussen die geraamtes van die akademiese en uitgewerswereld.

x