Skip to content

Die Katartiese Metode (Paperback)

by Jaco Fouché
ISBN: 9781485315834
Product in Stock: Yes
Original price R 250.00 - Original price R 250.00
Original price R 250.00
R 250.00
R 250.00 - R 250.00
Current price R 250.00
Add to Wishlist

In hierdie roman draai die intrige rondom die verhouding tussen ’n psigiatriese pasiënt, Tronelle, en haar sielkundige, doktor Ames. Tronelle is ’n hoë-onderhoud-pasiënt, dit is al die agtste keer dat sy in die psigiatriese staatshospitaal opgeneem word. ’n Groot gebeurtenis ongeveer ’n dekade gelede het haar uit ’n gesinslewe, ’n werk, haar familie- en vriendekring geruk. Wanneer sy nie in die hospitaal is nie, lê sy en rook op haar bed in haar “kwartiere” – die eenvoudige behuising wat deur die regering aan pasiënte verskaf word. Of sy vaar die strate van die stad in om te stap-stap-stap. Maar nou het dr. Ames ’n missie vir Tronelle. Een van haar ander pasiënte, Gideon Lewis, daag nie vir sy afsprake op nie. Wil Tronelle nie ondersoek instel nie, sy en Lewis ken mekaar mos? Tronelle ken Lewis nie werklik so goed nie, maar sy sal enigiets vir die nimlike dr. Ames doen. Haar soektog neem haar uit haar gemaksone – maar dit voel goed om besig te wees en ’n bydra te lewer – en lewer onverwagte resultate op. Dit is ook die begin van omwentelinge in Tronelle en dr. Ames se lewe. 

Soos in Fouché se vorige werk, is die fokus in hierdie roman op die randfiguur – die storie van iemand wie se lewe op die oog af dalk onbenullig of onbelangrik mag lyk. Die spitsvondige Tronelle kruip in die leser se hart terwyl ’n mens voortdurend wonder wat in haar verlede verkeerd gegaan het om híér te beland, en wat van haar gaan word? 

x

x