Skip to content

Die Ossewa en sy Spore (Paperback)

by Erik Holm
ISBN: 9780620891424
Product in Stock: Yes
Original price R 750.00 - Original price R 750.00
Original price R 750.00
R 750.00
R 750.00 - R 750.00
Current price R 750.00
Add to Wishlist

Hedendaagse Suid-Afrikaners assosieer die ossewa onvermydelik met die Groot Trek en groot geskiedkundige gebeure soos die Slag van Vegkop en Bloedrivier. Sonder die ossewa sou hierdie gebeure inderdaad ook nie denkbaar wees nie. Maar Erik Holm toon in hierdie boek aan dat die ossewa 'n onmisbare en onmiskenbare betekenis vir die ganse ontwikkeling van Suider-Afrika gehad het: in die verkenning van die binneland, die migrasie van verskillende groepe setlaars gedurende die 18de tot diep in die 20ste eeu, die vervoer van swaar toerusting deur transportryers vanaf kushawens na die nuwe mynbougebiede in die Noord-Kaap en die ou Transvaal, as mobiele tenk en blokhuis gedurende die Anglo-Boereoorlog en, voor die algemene gebruik van motorvoertuie, as algemene vervoermiddel van mense en hulle bagasie. Daarby het die ossewa 'n groot invloed op die Afrikaanse taal en letterkunde gehad en duik dit selfs vandag nog op as onderwerp van populêre liedjies. Talle kunstenaars het die ossewa in hul werk uitgebeeld en as simbool het ossewaens op munte, seëls en die wapens van talle instansies en lande verskyn.

Tegniese aspekte van die bou en bedryf van die ossewa word in fyn besonderhede beskryf, en die geduldige trekos kry deernisvolle aandag. Hierdie formidabele publikasie is ryklik geïllustreer met tekeninge, kunswerke en foto's en bied 'n verrassende nuwe blik op die geskiedenis van Suid-Afrika vanuit 'n ongewone hoek aan.

x

x