So maak ons tuin
Original price
R 180.00
-
Original price
R 180.00
Original price
R 180.00
R 180.00
R 180.00
-
R 180.00
Current price
R 180.00
Tuinmaak is deur die eeue 'n baie besondere stokperdjie wat werklik alle aanslae oorleef het en deel geword het van tuiniers se leefwyse. In Suid-Afrika stel tuinmaak in al die streke van ons land unieke uitdagings aan ywerige tuiniers. So maak ons tuin - maand in en maand uit verdeel Suid-Afrika in vyf tuinstreke wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke. Die maandelikse tuinaktiwiteite in elke streek word behandel in die "Take vir die maand", wenke word gegee, die "Mier" het besondere boodskappies, 'n "Plant van die maand" word behandel, verskeie tuinmaakaspekte word bespreek, soos komposmaak, snoeiwerk, voeding vir jou plante, peste- en plaebestryding, en ruimte word voorsien vir die tuinier se notas, waarnemings en beplanning. Tuiniers raak toenemend bewus van die maanstand se invloed op grondvog, planttyd en groeiwyse van plante en dit word elke maand kortliks bespreek. Die aarde-elemente se verband met sterretekens en die invloed daarvan op die tuin word toegelig en tuiniers kan hulleself spieel in die maandelikse tong-in-die-kies sterretekenverklarings.