Gids tot klein tuine
Original price
R 210.00
-
Original price
R 210.00
Original price
R 210.00
R 210.00
R 210.00
-
R 210.00
Current price
R 210.00
In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet.
Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.