Skip to content

Outopsietafel (Paperback)

by Ryan Blumenthal
ISBN: 9781776194704
Product in Stock: Yes
Original price R 295.00 - Original price R 295.00
Original price R 295.00
R 295.00
R 295.00 - R 295.00
Current price R 295.00

As 'n eietydse mediese speurder het die forensiese patoloog Ryan Blumenthal al  derduisende outopsies uitgevoer wat tot die arrestasie van ’n groot aantal misdadigers  gelei het. Dit is sy groot doel en strewe om oortreders aan die pen te help ry.

In Outopsietafel beskryf hy van die moeilike lesse wat hy as ’n jong patoloog moes leer en  hy vertel van die ongewone en dikwels grusame sterfgevalle wat hy al teëgekom het. Hy  het gedurende sy loopbaan byvoorbeeld al etlike hoëprofielsterftes hanteer, sterftes weens  natuurrampe en ook mense wat deur weerlig of wilde diere gedood is.

Blumenthal bied ’n fassinerende blik op alles wat agter die skerms gebeur by die lykshuis  en beskryf selfs 'n tipiese lykskouing en die instrumente wat hy tydens ’n ondersoek  gebruik.

Hy deel ook 'n paar geheime, soos hoe om vas te stel of ’n moord plaasgevind het en of  iemand selfdood gepleeg het. Al kan die dooies nie praat nie, het hulle nogtans baie om te  sê – en Blumenthal is daar om te luister. 

Add to Wishlist

x

x