Deur die Tonnel van Twyfel (Paperback)
Original price
R 260.00
-
Original price
R 260.00
Original price
R 260.00
R 260.00
R 260.00
-
R 260.00
Current price
R 260.00
Dit is deesdae hoog mode vir mense om boeke te skryf oor hoe hulle "die geloof verloor het"; selfs dominees verloor hulle geloof.
Dit is een van die redes hoekom Koos Kombuis besluit het om 'n boek te skryf vir die "post-Kerk-generasie". Dit is veral gemik op jonger mense, wat vasgevang voel tussen twee onversoenbare werelde; die wereld van hul jeugdige ervaring van vormgodsdiens en die wereld waarin hulle vandag moet bestaan en leef, in 'n donker eeu sonder waardes waar hulle voel asof hulle afgesny is van die anker van geloofsekerheid en die troos van gebed.
Koos vertel in Deur die Tonnel van Twyfel iets van sy eie reis as self- erkende "weeskind van die kosmos". Hy beskryf ook, sonder om te oordeel, sommige van die alternatiewe wat mense aangryp in hul soektog na 'n sinvolle geestelike verwysingsveld, soos ateisme, die I-Ching, spiritisme, asook die charismatiese opsie.
Hoewel Koos nie voorgee om te weet wat die finale antwoord op hierdie vrae is nie, bevat hierdie boek heelwat gedagtes wat hoop gee dat daar tog iewers'n lig skyn aan die einde van "die tonnel van twyfel".