Xov Kruisondervraging (Paperback)
Drie advokate word geskiet. Hoe effektief is ons hofprosesstelsel om geregtigheid te laat geskied? Ons leef in ʼn vreemde tyd in Suid-Afrika. Effektiewe onomkoopbare polisiemanne word afgemaai. Regters baklei onderling. Sommige advokate en prokureurs speel ʼn vreemde spel. Geskilbeslegting het sleg geword.
Wat gebeur wanneer ʼn gefrustreerde publiek verby die oorkookpunt gedruk word? Herbert Raubenheimer is ʼn senior advokaat en lid van die Kaapse balie. Hy was aanklaer, prokureur en advokaat vir ʼn paar dekades. Hy het in drie afdelings van die Hooggeregshof waargeneem as regter.