Skip to content

1,2,3...Tuinmaak Met Anna En Tanya

by Tanya Visser
ISBN: 9781928201427
Product in Stock: Yes
Save 50% Save 50%
Original price R 199.00
Original price R 199.00 - Original price R 199.00
Original price R 199.00
Current price R 99.50
R 99.50 - R 99.50
Current price R 99.50
Add to Wishlist
Hierdie boek is vir enigeen wat so pas die plesier van vroetel in die grond ontdek het, brand om te sien hoe saad soos hare op 'n hond se rug ontkiem en hou van inspirerende idees en maklike doen-dit-self-goed, maar ook vir gesoute tuiniers wat dalk 'n truuk of twee vergeet het. Dit hou tred met moderne tuinmaaktendense en die skrywers dra op praktiese wyse aan die leser oor wat hulle uit jare se tuinmaak-ondervinding geleer het. Hulle benadering is nie net die suiwer organiese, of die suiwer inheemse manier van tuinmaak nie - hulle stel alles op die proef en gee jou getoetste inligting en raad oor: die eko-impak van plante kweek en die jongste metodes van tuinmaak; hoe om groente suksesvol te kweek; volhoubare tuinmaak - met inligting oor komposhope en die opgaar van reen- en gryswater; die waarde van bome en hoe om hulle in die tuin te gebruik; hoe om jou tuin groen en lowerryk te hou sonder dat dit jou 'n fortuin kos; hoe om metgeselplante te gebruik as plaagbeheer en om groei te bevorder, en nog baie meer. Of jou tuin op die plaas of in die stad is, jy nog ouderwets is of vinnig Google vir alles wat jy wil weet en leer, hierdie boek is net die regte gids vir jou. Met sy kombinasie van inligting oor moderne vooruitgang wat tuinmaak makliker maak en wyse raad uit toeka se dae, bied dit jou alles wat jy wil weet om vandag 'n pragtige, produktiewe tuin te he.

x

x