Skip to content

'n Sjerpa vir Jou Lewensreis (Paperback)

by Ansja Ferreira
ISBN: 9781776172771
Product in Stock: Yes
Original price R 260.00 - Original price R 260.00
Original price R 260.00
R 260.00
R 260.00 - R 260.00
Current price R 260.00
Add to Wishlist
Daar is ‘n groeiende behoefte na betekenis, vrede en kalmte in die vinnig veranderende en ietwat chaotiese wêreld waarin ons tans leef. Ons lewensreis kan vergelyk word met die ervaring om ʼn berg te klim. Dit is ʼn avontuur met op en afdraandes, stopplekke, ʼn reis na bo, ʼn wedloop van motivering, geduld en krag, maar uiteindelik is die mees asemrowende gevoel wanneer jy die kruin van die berg bereik.

Indien jy ooit sou besluit om Mount Everest aan te pak, sal jy dit waarskynlik doen onder leiding van 'n Sjerpagids. ‘n Sjerpa op jou lewensreis kan jou leer van gemaksones, ankers, jou rugsak ( uitbranding, nederigheid, empatie en ‘n spirituele benadering.

Lesers word uitgedaag om ‘n kopskuif te maak en self oplossings te vind vir hul probleme en die lewenspad vorentoe Hierdie boek help mense die kuns van lewensafrigting en bewusvolheid aanleer en gee hulle vryheid om dit op hul eie manier toe te pas. Wat doen jy wanneer die lewe jou platgeslaan het? Hoe hanteer jy verandering en staan jy weer op? Van wenslysie tot werklikheid en om uit uit die donker na die lig te beweeg.

x

x