Skip to content

Wes En Geweld (Paperback)

by Jaco Alant
ISBN: 9781991256966
Product in Stock: Yes
Original price R 275.00 - Original price R 275.00
Original price R 275.00
R 275.00
R 275.00 - R 275.00
Current price R 275.00
Add to Wishlist

‘n Egpaar – hy Afrikaans, sy Zoeloe – gee pad uit Durban ná die Julie-onluste waarin die man se onderneming geplunder is. Hul bestemming is reg wes, Port Nolloth: ‘n huldeblyk aan sy pa, van wie hy deur die jare vervreemd geraak het.

Liries oor Namakwaland, het sy pa die laaste deel van sy lewe in ‘n strandhuis in McDougallsbaai deurgebring. Hulle gaan sy as daar in die duine strooi en die rit aanpak in sy pa se 1962-Volkswagen Kewer wat hy geërf het. Die vrou is minder entoesiasties, maar word oorreed deur die vooruitsig van die reis gekombineer met besoeke aan Noord-Kaapse sonkraginstallasies waarin sy as akademikus navorsingsbelangstelling het. Verby Kakamas loop die rit skeef. Daar is rusies,’n onverwagte passasier, ‘n motorongeluk, en ‘n ongemaklike nag se oorslaap op ‘n skaapplaas ‘n ent buite Pofadder. Dan kom skeiding, wanneer hulle by die Abengoa sonplaas aanry en die vrou ‘n onverwagse uitnodiging van ‘n Spaanse besigheidsman aanvaar. Hy bly alleen oor, sy stryd teen verlange vererger deur ‘n gebrek aan kommunikasie.

Van nou af gaan hy midde-in die eindelose landskappe van Boesman en Namakwaland vergeefs probeer om sy vrou terug te vind. Intussen begewe hy hom al dieper in sy oorlede pa se wêreld in: die ongenaakbare dor veld met die eensame halfmens, Pella met sy dadelpalms en sonderlinge katedraal, die mense, nederig en gehard soos die taai soutslaai wat mens plek-plek sien groei langs die pad, en herinneringe aan die ou SA weermag.

Eindelik arriveer hy alleen by sy pa se huis nadat die Volksie vir die laaste keer onklaar geraak het. Dan, wanneer hy sy pa se as wil gaan strooi, word hy kwaad…

Wes en Geweld is ‘n episodiese reisroman en ‘n aangrypende tydsdokument wat die mens se soeke na sin en betekenis kragtig verwoord. Dit vermaak en boei enduit – woorde wat lag met ‘n traan.

x

x