Sel ses (Paperback)
“Waagmoedige verhale oor die ongenaakbare lewe in die tronk.” - Frederick F. Botha
Na drie en twintig jaar in die tronk staan Roux Steyn die kans om op parool vrygelaat te word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoon loop. Vir iemand soos Steyn is dit egter onmoontlik; hy het die Anger Management kursus alreeds drie maal gefaal. Buitendien is hy ʼn bendeleier en dwelmsmous. En hy het ʼn magdom vyande wat nie kan wag om ʼn mes in sy niere te plant nie. Lesers word uitgedaag om deur Steyn se oë waar te neem; soms te voel, maar meestal te verstaan: Daar is in elke monster ook ʼn mens. Sel ses is ʼn samelopende kortverhaalbundel en honderd persent fiksie. Wees egter gewaarsku, die tronk is nie ʼn plek vir teddiebere nie - druk jou vingers in die kragprop en sit die krag aan.