Skip to content

Phoebe: 'n Lewe Saam Met Jakes Gerwel (Trade Paperback)

by Rachelle Greeff
ISBN: 9780796135407
Product in Stock: Yes
Original price R 300.00 - Original price R 300.00
Original price R 300.00
R 300.00
R 300.00 - R 300.00
Current price R 300.00
Add to Wishlist

Hierdie is nie 'n storie van rags to riches nie. Phoebe Abrahams se mense van Grassy Park in die Kaapse Vlakte het immers status en styl gehad. Sy was boonop sexy én slim. G'n wonder die skrander senior student van Kommadagga in die Oos-Kaap, Jakes Gerwel, het haar op die UWK-kampus raakgesien nie.

Sy het hom leer ken as Gert. Wat 'n lelike naam, het sy gedink. Ook nie juis waffers wat looks betref nie. Maar toe sy hom die eerste keer in 'n Filosofieklas met digterdosent Adam Small hoor praat, is haar voorbehoude oor sy naam en voorkoms eensklaps vergete.
Die opgang wat Jakes-wat-Gert-was in die akademie en politiek gemaak het, was buitengewoon. Later, as visekanselier van die universiteit wat 'n tuiste vir linkses was, en as direkteurgeneraal in die kantoor van Nelson Mandela, het hy 'n enorme rol in ons politieke oorgang gespeel. As sy lewensmaat het Phoebe die wêreld gesien, en ontmoet. Sy was vir die rol uitgeknip.

Tien jaar ná Jakes se onverwagse dood vertel Phoebe met haar kenmerkende sin vir humor aan die gewilde skrywer Rachelle Greeff van hoogtepunte in hulle lewe saam.
Sy maak ook haar hart oop oor haar sielsallenige laagtepunte en oor die “donker derde party” wat in haar en Jakes se huwelik nesgeskop het: 'n ongeneeslike geestestoornis. Maar met die regte hulp, begrip van geliefdes en deursettingsvermoë was dit nie vir Phoebe 'n doodsvonnis nie, en was selfs 'n skreef lig meermale vir haar genoeg.

Nelson Mandela het met hulle eerste ontmoeting verklaar dat hy nou verstaan waarom Jakes Gerwel die wêreld wil verander. Phoebe is inspirerend, en lewer bewys van die veerkragtigheid van die menslike gees.

x